Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Terry Crawford-Browne

@ Sunday Times Books LIVE

Hoekom Manto Onaantasbaar Is

Here’s a review of Eye on the Money from Erika Gibson that appeared in Beeld recently.

I missed the nuances in the Afrikaans – according to one person I know who read it, Gibson (an ex-Air Force colonel) could have been more objective – but I’m glad to see the book fomenting public debate.

Uit Beeld, Maandag 1 Oktober 2007

Eye on the Money deur Terry Crawford-Browne. Umuzi (Random House), sagteband, 238 pp, R175.

Die ANC se tesourier, mnr. Mendi Msimang, was teenwoordig tydens verskeie vergaderings oor die multimiljardrand se wapentransaksies. Hy het dus presies geweet wie by die transaksies baat gevind het – regstreeks en onregstreeks; wettiglik en onwettiglik.

Dít is waarskynlik een van die redes waarom Msimang so ’n houvas op regeringshoës het – ook hoekom sy vrou, Manto, se posisie as minister van gesondheid ondanks al haar beweerde skandes onaantasbaar is.

Crawford-Browne kom tot dié slotsom voor die onlangse debakel rakende die afdanking van me. Nozizwe Madlala-Routledge, die adjunkminister van gesondheid.